Aansoeke

Akkommodasie en Waglys

  1. Huis Stilbaai neem on 28 Mei afskeid van sr Dané Nagel, ons Verpleegdiensbestuurder. Ons wens haar alles van die beste toe vir haar loopbaan vorentoe en nuwe opwindende uitdagings by die Netcare Blaauwberg Hospitaal. Ons sê graag dankie, vir wat sy vir elke inwoner beteken het, met haar positiewe bestuurstyl en uitstekende verbetering van ons versorgingsprosedures en uitnemende voldoening aan Badisa standaarde.
  2. Op Dinsdag 1 Junie word Huis Stilbaai se inwoners teen Covid-19 ingeënt. Ons is opgewonde en sê dankie vir die Departement Gesondheid se puik personeel by Riversdal Hospitaal.
  3. Op Woensdag 9 Junie hou ons Inwonerstee met ‘n praatjie deur Georgine Heenop, Biokinetikus, en sang deur Willie en Jenny Olivier.
  4. Huis Stilbaai verwelkom graag vir Marliza Palmer- Stander, ons nuwe Feedem- Voedseldensbestuurder. Ons wens haar alles van die beste toe hier by ons groot gesin. Ons sien uit daarna om lekker saam te werk.
  5. Huis Stilbaai sê DANKIE vir die gemeenskap van Stilbaai wat ons Mini-Basaar op 24 April kom ondersteun het. Ons het die fatastiese bedrag van R135 000 ingesamel. Ons is dankbaar vir hierdie fondse.

Beste Groete,

Karlien Saayman – Bestuurder