Aansoeke

Akkommodasie en Waglys

See & Sand op jou Voorstoep

‘n Gesonde Omgewing

Ons Gee Om

Jou Geliefdes in Goeie Hande

'n Vriendelike Omgewing

Met Verskeie Verblyf Opsies

Stilbaai Bejaardesorg

 Professionele sorg wat jy kan vertrou

Ons dank ons sukses as ‘n onderneming aan die eenvoudige en blywende filosofie dat veroudering ‘n geskenk is. Die rykdom aan kennis en ervaring wat met ouderdom gepaard gaan, is ‘n geskenk aan die individu en die gesin.

Ons werk om ‘n omgewing te bied wat die hele mens ondersteun – verstand, hart, sowel as liggaam.

 

Ons Missie

 

Geanker in Jesus, lewer ons ‘n behoefte gedrewe diens aan ouer persone met toegewyde personeel en vrywilligers en in samewerking met ander rolspelers.

Ons Visie

 

Veroudering met Hoop

Ons Benodig Jou Hulp

Maak ‘n Verskil

As deel van ons organisasie se polsslag is ons grootliks afhanklik van die publiek se donasies.

Stilbaai Bejaardesorg – Huis Stilbaai is ‘n NPO wat ‘n artikel 18A serifikaat kan uitreik vir skenkings. Sulke skenkings is belastingaftrekbaar.

Ons is opgewonde om te begin spaar vir ‘n lekker-kuier-sitkamer vir ons inwoners. Ondersteun ons gerus.

Ontmoet ons Span

 

 Tot U diens

Karlien Saayman

Bestuurder

Johan Kok

Beheerraad Voorsitter

Engela Matthee

Admin Beampte

Lara Kotze

Admin Beampte

Marinda Ferguson

Ontvangs

Huis-Stilbaai-Placeholder-Image

Alida Probst

Ontvangs

Sr Carine Turner

Hoof Verpleekundige

Huis-Stilbaai-Placeholder-Image

Marlize Hodgman

Finansiële Beampte

Renette-Liebenberg

Renette Liebenberg

Admin Beampthe – Medies

Renette-Liebenberg

Andries Pyck

Tuinier

Hanelie Grewe

Feedem

Anton-Scholtz-HuisStilbaai

Anton Scholtz

Instandhouding

Galery

 

 Sien Meer

Badisa Video

 

Wat ons inwoners sê

Daai Towerwoordjie

“As ek ‘outehuis’ toe moet gaan, kan ek net my pajamas, bril en Bybel saamneem. En wat maak ek met al my speelgoed?” So is geredeneer elke keer wanneer Huis Stilbaai laat weet het daar is huisvesting beskikbaar.

Toe kom die gelukkige kopskuif. Die moet gaan is doelgerig aangepas na wil gaan. En alles val eensklaps en onverwags in plek. My lessenaar en Ria se naaldwerksentrum pas in op die toegeboude stoep van die woonstel. Die kinders en kleinkinders kom met hul vragmotor en werksmense om die “speelgoed” uit te sorteer en weg te ry. Eintlik het ons dit mos nie verloor nie. Ons lewenslange besittinkies pryk nou in drie plaashuise waar ons dit altyd kan sien.

Die grootste bonus is die feit dat ek ’n gerieflike minikantoor op die stoep kon inrig. Hier staan my rekenaar, drukker, liasseerkas en boekrak nou gerieflik byderhand en kan swerf en kommunikeer na hartelus.

Die sleutel lê in die begrip “kopskuif”, want nou het ons sommer ook baie meer vriende as ooit tevore!

Jan en Ria Vosloo

Woonstel 14

20 Augustus 2018

Wat ons inwoners sê

Nuwe Lewe

Sommer skielik besluit ons in 2024 om aktief te begin soek na ʼn aftreewoonstel en gelukkig vind ons ʼn huurwoonstel in Huis Stilbaai – net ʼn entjie bult-op van ons ou strandhuis. En ons wil sommer dadelik trek. Vreemde mense kom kyk. Na ʼn paar uur is ons huisie verkoop aan ʼn vrou, wat sê: ”I will buy it and sign the papers tomorrow.”

Ons trek drie weke later Huis Stilbaai toe. Daar aangekom is ons bly dat daar plek is vir ons mooi groen yskas. Die faktotum kap gou ʼn paar gate vir skilderye en foto’s, die gordyne is opgehang en alles lyk piekfyn. Ons word oorweldig deur vriendelike mede-inwoners, kry biltongbroodjies, ontmoet gholfspelers, vriendelike tafelmaats en sien selfs ou vriende van baie jare gelede. Ons kry glad ook ʼn motorhuis. Vier maande later verhuis ons na ʼn leefregwoonstel. Dit is presies waar ons altyd een wou koop.

Ons is verbaas dat ons so maklik kan aanpas. Die etes is heerlik. Niemand kla oor die kos nie. Glad twee maal per week kry ons poeding. Ons deel rissie- en slaaisous met mekaar. Ekself voel ná sestig jaar se kosmaak elke dag soos ʼn koningin. Die woonstel word gou-gou elke week skoongemaak en die vroue in die waskamer was die wasgoed vinnig en besorg dit na een dag terug.

Wat ons verstom is al die vermaaklikhede wat aangebied word. Geselsdae, speletjiemiddae, Sondagkerk en oefeninge twee maal per week. Die biblioteekpersoneel bring boeke wat hulle uitsoek vir die leners. Die verpleegdiens is wonderlik want as jy ʼn skeet het, help hulle dadelik. Ernstiger siekes word met groot minsaamheid versorg.

Ons jaarlikse basaar is ʼn dag om na uit sien. Die wit-olifanttafel is propvol goed soos kolwyntjiepanne, Kersversierings uit toet se dae, ou borsspelde en tonne opgeleesde Afrikaanse, Engelse en Nederlandse boeke. Ons eet kerrieafval, vetkoeke en pannekoek. Ons sing saam met Tinus, liedjiesman van George en dans sommer met vreemdes.

Gedurende hierdie oud-oud tyd van ons lewe gaan dit goed met ons en ons voel gelukkig om dit in Huis Stilbaai te kan deurbring. Ons geniet die nuwe lewe.

Anoniem

Wat ons inwoners sê

ñ Nuwe intrekker deel sy ervaring van die “Groot Skuif”

My intrek in Huis Stilbaai het ʼn nuwe fase in my lewe ingelui, en ek deel graag enkele persoonlike indrukke en ervarings oor hierdie reis tot dusver. Dinge wat my aangenaam verras het:

  • Ek is opreg dankbaar vir die warmte en toegeneentheid wat ek van dag een af hier ervaar het. Die algemene gees onder inwoners, en veral in my gang, is opgewek en behulpsaam. Dit is duidelik dat daar ʼn kultuur van omgee en ondersteuning heers. ʼn Klein, maar betekenisvolle gebaar was toe ʼn inwoner aan my kleinseun ʼn speelding geskenk het – ʼn eenvoudige daad wat my diep getref het. Ek het ware medelye ervaar toe my swaer oorlede is, en toe ek later my vreugde oor my kleinseun gedeel het, het ek ʼn opregte saamwees en blydskap beleef. Die betrokkenheid en hulpvaardigheid van mede-inwoners maak elke dag meer leefbaar en sinvol.

Ons is verbaas dat ons so maklik kan aanpas. Die etes is heerlik. Niemand kla oor die kos nie. Glad twee maal per week kry ons poeding. Ons deel rissie- en slaaisous met mekaar. Ekself voel ná sestig jaar se kosmaak elke dag soos ʼn koningin. Die woonstel word gou-gou elke week skoongemaak en die vroue in die waskamer was die wasgoed vinnig en besorg dit na een dag terug.

Wat ons verstom is al die vermaaklikhede wat aangebied word. Geselsdae, speletjiemiddae, Sondagkerk en oefeninge twee maal per week. Die biblioteekpersoneel bring boeke wat hulle uitsoek vir die leners. Die verpleegdiens is wonderlik want as jy ʼn skeet het, help hulle dadelik. Ernstiger siekes word met groot minsaamheid versorg.

Ons jaarlikse basaar is ʼn dag om na uit sien. Die wit-olifanttafel is propvol goed soos kolwyntjiepanne, Kersversierings uit toet se dae, ou borsspelde en tonne opgeleesde Afrikaanse, Engelse en Nederlandse boeke. Ons eet kerrieafval, vetkoeke en pannekoek. Ons sing saam met Tinus, liedjiesman van George en dans sommer met vreemdes.

Gedurende hierdie oud-oud tyd van ons lewe gaan dit goed met ons en ons voel gelukkig om dit in Huis Stilbaai te kan deurbring. Ons geniet die nuwe lewe.

Anoniem

Wat ons inwoners sê

First Impressions…

I moved into this old-age home in January 2025 and have been very comfortable as an independent resident in a one-bedroom flat. The standards are high in all areas and the staff and residents are friendly and take their jobs seriously. I am especially impressed with the positive and “cheerful” energy in die Sickbay. This surprised me and it is wonderful to know that one is fully cared for in a happy environment as we age, weaken and prepare for the day we pass. Well done Nursing staff!!

The hygiene standards are good, and the laundry service is wonderful. The catering and food are also balanced and of a high standard. Some of my friends who have visited me have already put Huis Stilbaai in their future plans.

Anonymous

Wat ons inwoners sê

This too will pass

“Hampered as we Huis Stilbaai residents are by Covid-enforced restrictions on activities like shopping, visiting family and planning holidays, it’s easy to pity ourselves.

Recently I found an inspirational quote that seems to make more sense every time I read it. It advises us to, “Accept what is, let go of what was, and have faith in what will be.”

It sounds too difficult to do, at first, but gradually it begins to echo what Jesus said, preachers preach, teachers teach, and most recently, Huis Stilbaai manager Karlien Saayman’s assurances to residents chafing against the lockdown, that “this too will pass”.

Yes, things change. We serve our own wellbeing best by living gratefully amid life-saving restrictions, not clinging to freedoms we no longer have, at least not for the time-being, and believing that when things change, as they must and will, joy will be a part of the change.

In the meantime, when things look bleak or hopeless, having faith in what will be gives us freedom to dream, to pray, to dare to hope that when we embrace the coming joy, we will be more patient, kinder, not envying, nor boasting, nor proud, not rude or self-seeking or easily angered, not keeping a record of wrongs. In short, faith in what will be could produce in us the image of St Paul’s definition of love, described in 1 Cor. 13:4-8.”

Maureen Marud

Wat ons inwoners sê

Ouer word

Terwyl die sandkorrels van ons aardse lewe die jare deur die wêreld se uurglas aftel, is dit ‘n gepaste tyd vir nabetragting oor die lewe huidiglik in Huis Stilbaai. Daar moet in gedagte gehou word, dis ‘n veilige hawe waar mense uit alle oorde onder een dak saamgevoeg word, mense met uiteenlopende karaktertrekke, denkwyses en gewoontes. Maar èèn ding bind ons saam: Ons is almal, tot ‘n sekere mate, verswak en ons is almal bejaard. En tog ondervind ons ‘n verandering onder ons inwoners.

Die wonderlike is dit: Ons vind onder mekaar gebare van goedheid. Klein goedhede van behulpsaamheid. Hierdie goedheid is te vinde in die liefde en medelye wat gewone bejaardes in ons Huis in hul hart vir hul medemens ronddra. Ons voel verantwoordelik vir mekaar, al ondervind ons ook self probleme en pynlike ervarings. Klein gebare onderling van medemenslikheid en empatie word raakgesien.

Dis verblydend om te kan getuig van die mooi gesindheid tussen inwoners en ook alle personeel wat daagliks hier diens lewer. Dis asof daar ‘n neiging by elkeen hier posgevat het om te strewe na ’n ordentlike sameleweing hier in ons Huis, om mekaar te eer en te respekteer.

Hier word dit reeds bewys, as ons binne ons vier mure maniere vind om sinvol saam met mekaar te leef, kan dit ons help dat ons anders met mekaar praat. Die lewe en die skepping is ‘n gawe wat ons nie as vanselfsprekend moet aanvaar nie en om ons gesindhede te verander, moes dit by elkeen van onsself begin om dit te laat gebeur: Alle dank en eer aan ons Here! Ek glo dat ons gereelde weeklikse eredienste en Bybelstudie (wat baie goed deur ons inwoners bygewoon word) ‘n kosbare bydrae lewer tot al hierdie mooi veranderinge. Hier in ons alledaagse saamweees is ons nie skaam om die Here se Naam openhartig met mekaar te deel nie.

anuit die hart van ‘n inwoner, wat na 20 jaar se gelukkige verblyf in Huis Stilbaai, hierdie as my enigste Huis beskou. Met groot waardering en dankbaarheid aan effektiewe bestuur en my Skepper.

Anoniem

Wat ons inwoners sê

Besluit self

In Oktober 2020 het Covid ons intrek in Huis Stilbaai verhaas. Dit was een van ons beste besluite: Om te kom voordat ons deur ouderdom gedwing is. Ek preek gereeld vir mense om nie te lank te wag om “ouetehuis” toe te trek nie. Ons het die voorreg om eers in ‘n woonstel te bly voordat ‘n kamer weens versorgingsbehoeftes, ons voorland word.

Vanwaar ons in ons uitskopstoele sit, kan ons elke dag die see en die hawe sien. Soms die laagwater wat die monumentjie op droë rotse plaas en ander kere weer die woeste see wat oor die hawemuur spuit.

Ons geniet die rustigheid, vriendelike en hulpvaardige personeel, heerlike middagetes, wasgoed wat weekliks gewas en gestryk word en ‘n woonstel wat gediens word. Wat meer wil ‘n mens hê?

Anoniem

Kontak Ons

 

 Hoe Kan Ons Help?

3 + 8 =