Ons verwelkom Marie van Heerden, ons Maandbriefie skrywer, wie eersdaags terug sal wees na ‘n heerlike vakansie met familie. Ons hoop Marie sal weer gou haar pen optel om ons op hoogte te hou met nuusbrokkies.
Heelwat verskuiwings van woonstelle na kamers het in Maart plaasgevind, en inwoners wat van woonplek verander het, heet ons hartlik welkom in hulle nuwe omgewing. Ons verwelkom nuwe intrekkers: die egpaar Senger en mev Joey Horn.
Dit is met leedwese dat ons die afsterwe in Maart van oom Sammie Bouwer, tannie Elene van Rooyen, tannie Marlean Dickinson en oom Lex Schwartzel sal onthou.
Covid-19 restrictions cancelled Huis Stilbaai’s bazaar for the second year in a row, so an outdoor, mini bazaar will take place instead along the length of the front of Huis Stilbaai in Perlemoen Street on Saturday, April 24, starting at 7.30 a.m. For sale will be plants, crafts, toys, pancakes, cakes, bread and rusks, breakfast buns with bacon, eggs and cheese, meals of curry and rice, vetkoek and curried mince, fish cakes, desserts, cooldrinks and water, all displayed on trestle tables spaced appropriately to take account of the need for social distancing. There will also be a white-elephant table. An oil painting by Dan van Graan will be raffled for R50 a ticket. Table conveners will announce in good time if they need volunteers to assist.
Die Inwonerskomitee is besig om lewe te gee aan ‘n pragplek van bome wat skadu sal gooi tussen grasperke, struike, blomme, ‘n rotstuin, visdammetjie en ‘n plaveipaadjie na ‘n binnehof waar inwoners sal kan saamkom vir buitemuurse aangeleenthede, of net ‘n laatmiddag koppie tee of glasie wyn, of sommer op ‘n bank enige tyd van die dag in ‘n geliefde boek kan sit en lees.
Die tuin wat daarvoor gekies is is sigbaar uit 42 kamer-en-woonstel vensters en is bereikbaar deur die glasdeure langs die kantoor in die voorportaal. Die bestaande tuin was vir ‘n tydperk verwaarloos terwyl die “ramp” gebou was en niemand behalwe die bouers eintlik toegang daarnatoe gehad het nie. As gevolg van die Covid-19 pandemie kan die nodige verbeterings nie spoedig plaasvind nie, maar inwoners kan gerus die tuin geniet terwyl dit geleidelik herskep word.
Veranderings ten opsigte van middagetes in die hoofeetsaal word eersdaags aangekondig. Byvoorbeeld, middagetes sal moontlik om 12.30 bedien word, en daar word be-oog om ‘n opskeptafel voor in die saal te plaas vir die opdiening van etes.
A successful evacuation drill for Huis Stilbaai residents was held this month and is expected to be repeated regularly every month so that we are not caught unawares in an emergency such as a fire or bomb threat. The date for the next drill will be announced in good time.
Enthusiastic thanks to Feedem who spoilt us with treats of waffles and cream. Thanks too for yummy fruit cake from the Stilbaai Lions Club and pancakes from our generous Friends-and-Family group.
Veels geluk aan die volgende inwoners en werknemers wat in Maart verjaar: Gloudina Muller; Anso le Grange; Nettie van Schalkwyk; Anna Buckle; Juanita van Vuuren; Francois Schreuder; Renette Michaels; Shuray Kleinhans; Dane Nagel; Beatrix Young.
Maureen Marud