Aansoeke

Akkommodasie en Waglys

Huis Stilbaai sal op Dinsdag, 1 Junie, die eerste ouetehuis in Hessequa word waar inwoners teen die Covid virus vaksineer sal wees. Pfizer inentings sal Dinsdag in ons hoof eetsaal toegedien word, en die name van die 85 inwoners wie die inenting wil neem, verskyn op ‘n lys in die gang langs die kantoor vasgeplak. Enigeen wat daarvoor geregistreer het maar later besluit het om nie die vaksine te neem nie, mag hulle eie naam van die lys verwyder. Suster Aselle Frylinck en ‘n suster van die Gesondheidsdepartment sal die inentings hanteer. Almal wie vaksineer wil word moet tog seker maak dat hulle mediese kaarte en ID kaarte saam by hulle is wanneer hulle na die eetsaal gaan vir die inenting. Die lys wys min of meer hoe laat elkeen vaksineer sal word. Die verwagting is dat die inenting 7 minute per persoon sal neem. Elkeen wat die Pfizer inenting neem, sal omtrent ‘n maand later weer vaksineer word. ‘n Rekenaar noteer elke inenting en wys die datum waarop die volgende inenting te beurt sal kom.

Manager Karlien Saayman announced on Friday that Sister Dane Nagel, head sister, who joined us in November last year, has accepted a position at a hospital near Cape Town. Expressing Huis Stilbaai’s appreciation of Sister Dane’s sterling contribution to our medical well-being, and regret at her departure, Karlien wished her every success in her new environment.

Ons verwelkom nuwe inwoners Chrissie Litch, Marlene Myburgh, Marie Steyn, Gisela Siebrits en Aletta van der Merwe, en wens vir elkeen baie jare van gelukkige saambly in Huis Stilbaai. Vir almal wat in Meimaand verjaar het stuur ons die mooiste wense vir hulle nuwe lewensjaar – Bonita Kleynhans, Marlene Louw, Hanna Latsky, Johanna Butler, die voorsitter van ons beheerraad Hentie van Heerden, Marshall Benn, en Luzinda Kleinhans. Ons spreek ons leedwese uit oor die afsterwe van Piet la Grange, eggenote van Cox, wie ons vir troos en sterkte op die alleen-pad vorentoe bid.

Ons was weer lekker bederf deur Feedem, wat ‘n heerlike middagete op Moedersdag berei het; ons met chocolate chip koekies op ‘n middag verras het; en op nasionale Hamburger Dag smul-lekker frikkadelbroodjies met aartappel skyfies bedien. Feedem se eetsaal personeel dra elkeen nuwe swart drag wat uitmuntend lyk!

Ons is bly om Marliza Stander by ons te verwelkom! Sy is deur Feedem aangestel as die nuwe voedsel bestuurder en het in Meimaand hier begin.

Almal het soveel smul-lekker vye as ons kon eet van Trudie Nel se familie geniet. Saterdae middag flieks in die saal het inwoners, veral Siekeboeg lede, baie vermaak, waarvoor ons Marijke van Schalkwyk en Charles Eyden bedank.

Tuinman Amantus Mapheelle, ‘n knap werker, is gewoonlik – wanner hy nie deur Koos en Wickus benodig is nie – heeldag besig om die tuin in die binnehof spog-mooi te maak, gehelp deur plantkundige Annette Pienaar saam met Huis Stilbaai inwoners Bob Thompson, Maxie du Plooy, en nuwe inwoner Chrissie Litch. Chrissie, wie vir jare in Harrismith gewoon her, het haar kat saam gebring. Smoky, ‘n donker grys diertjie, hoort nou aan Huis Stilbaai, vertel sy.

As ons van tuinmaak praat, vergeet ons nie die puik werk van Sylvia Smit in die motorhuise omgewing en Maria Taljaard in ‘n wind-beskutte deeltjie buite die nuutste woonstelle se ondergang. Dele van die tuin in die Siekeboeg omgewing, vertel Helen Burger, was begin by wyle Paul van Schalkwyk, wyle Maria Taljaard, en sy self. Ongelukkig voel Helen dat sy nie meer die krag het om met die werk aantegaan nie, maar sy sien darem nog kans om ‘n blommetjie van die wat sy geplant het te pluk om nuwe inwoners mee te verwelkom.

Die kamers in twee gange onder en bo kry nou om 8nm tee en toebroodjies, wat help as ‘n mens reeds 5nm en eers die volgende oggend om 8 uur eet!

We were treated to useful information by two experts: namely physiotherapist Heather Auditore, who presented a lively, encouraging talk covering her area of expertise, and Sonja of Eco Bums, who brought news about the latest solutions to urinary incontinence.

The knitting and crocheting skills of residents, plus a gift of 900 knitted squares from friend Berta Potgieter and two warm blankets bought locally, enabled Huis Stilbaai to donate 40 knee blankets to needy aged persons in Pacaltsdorp.

Residents were greatly blessed by the week of evening scriptural messages brought by Ds Maans van Lill during Whitsuntide. We thank him.

Ons hou aan om vir ds Davis Booker se gesondheid te bid. Hy is al ‘n ruk ernstig siek, en ons plaas met eerbied sy welstand in die Here se hande.