Liewe Mede-Inwoner
Ons het ‘n maand met vele gebeurlikhede beleef en andermaal besef ons weer dat soos die Spreukeskrywer dit stel, ons as mense ons pad kan beplan met menslike insig, maar dis God wat bepaal wat op daardie pad gaan gebeur en ons kan in kinderlike afhanklikheid leef met vertroue.
Die tragiese brand by Droom Tehuis op Riversdal het ons laat besef hoe vinnig iets kan gebeur en inwoners dadelik hulp en bystand nodig kan kry. Allerweë het instansies en privaat persone hulp gegee en ook ons kon baie bydraes stuur. Vragte linne, handdoeke en skoonmaakmiddels en so meer het baie gou gearriveer en gewillige helpers het gehelp om binne rekordtyd beheer te kry oor die ontstellende situasie wat in die koue nagtelike ure so skielik gebeur het. Die ontruiming van Huis Lekkerbly hier op Stilbaai laat ons met dankbaarheid besef dat ons so bevoorreg is om in Huis Stilbaai te kan tuisgaan. Die koste om so ‘n tuiste te bedryf is geweldig en vra baie wysheid om dit op die peil wat ons dit het, te kan volhou. Van baie mense, van wie ons dikwels nie eers weet nie, word hulp ontvang en daar is ook dikwels gesinslede wat bydraes gee en ons moet opreg ook vir hulle bid. Laat dankbaarheid ons harte vul en dat elke personeellid vervulling in hulle diensbaarheid sal beleef.
Maureen vertel ons hoe Vrouedag, die publieke vakansiedag hierdie jaar op die 9de Augustus hier by ons gevier is:
Feasting, friendship, and gifts were the hallmark of Womens Day at Huis Stilbaai, a memorable celebration for about 100 residents, caregivers, guests, adult musicians and schoolchildren who entertained us with voice, piano, violin and guitar recitals. An initiative of Huis Stilbaai Residents Committee, the event owes its success largely to the combined efforts of Feedem kitchen staff, volunteers who provided eats, and residents who as hostesses lavished their resources, catering skills and decorating abilities on 10 tables that seated anything from 8 to 15 women. A hearty thanks to Lara and the rest of the office staff for their organisational assistance, and to Riana, friend of Huis Stilbaai, who was our compere. Rounding off the mornings entertainment was piano music played by Bettie Niehaus, formerly long-time pianist at church services, and a hymn sung by Kathy Passafiume that reminded us: There hath not failed one word of all God promised to give to us with His beloved Son; His word is more enduring than the heavens; Hell give us strength until our race is run.
Tans word daar baie opknapping in die gebou gedoen. In een woonstel is ‘n bad verwyder om te vervang met ‘n nuwe stort en daar is ook nuwe teëls gelê. Die haarsalon is pragtig vernuwe en ek dink Cathy sal nie hierdie pragtige vertrek verwag nie. Ons is so bly dat sy hierdie paar weke na haar enigste dogter en kleindogtertjie in Engeland kon gaan.
Maar toe tref ‘n stofstorm ons in die onderste gang, want die opgradering van die washuis het begin!
A state-of-the-art laundry is emerging out of the dust and noise in the space being enlarged and upgraded on Huis Stilbaai’s ground floor, next to the kitchen. Feedem’s catering manager Marliza Stander says new additions to the laundry include two cost-efficient industrial-size washers and one tumble dryer. The design of the washers allows for the automatic measuring and dispensing of soap quantities required for each cycle. The work is expected to be completed next month.
Ons Inwonerstee hierdie maand was ‘n baie sinvolle byeenkoms en as spreker het opgetree Mnr. Frikkie Muller, die hoof van Hessequa se Rampbestuur. Wat die veiligheidsdeure betref, is verduidelik dat alle openbare plekke aan veiligheids-standaarde moet voldoen en die wetgewing rondom hierdie saak verander gereeld. Om ‘n sertifikaat te ontvang is eendruk meganiese deure ‘n vereiste. Daar is alarms op die deure en dit word slegs in ‘n noodgeval gebruik. Die deur moet toe bly sodat ook geen verkeerde elemente van buite inkom nie. Elektriese inspeksie moet gedoen word en kragpunte mag nie oorlaai word nie. Die behoefte aan nog ‘n alternatiewe ingang is bespreek en sal hanteer word maar dit vra beplanning en kan nie onmiddelik gelewer word nie.
Twelve brave residents who competed in inter-home games at Hartenbos last week, returned to Stilbaai vowing to go into training for next year’s event, wherever it is held, to prove what they’re made of. Our two teams each with six contestants (including two men), with Marie Steyn and Sister Deidre as team leaders said every Stilbaai member scored highest in camaraderie, shared without limit throughout the most testing games of skill, balance and dexterity. Overall, about 108 contestants (excluding officials) from about 14 homes, pitted their talents against each other in the NG Kerk church hall in Hartenbos in the annual event.
Lizette Venter het weer almal wat in hierdie maand verjaar het, bederf met ‘n heerlike partytjie en inwoners het dit met dankbaarheid geniet.
Behalwe ons gereelde Snoepie elke Vrydagoggend kon ons ook vetkoeke, sop en broodjies koop wat Feedem vir hulle fondse aangebied het. Ons is dankbaar vir sulke geleenthede om hier in ons huis heerlike ekstra eetgoed te kan bekom.
Die reëling vir die ontvangs van besoekers by die voordeur met Marinda en Marie wat lang ure daar skofte doen is, is ‘n baie groot diens en ons moet baie dankbaar wees daarvoor. Ons is baie geseënd dat ons nie eensaam is nie maar as ek verneem dat daar al tot 66 besoekers op een naweek deur beweeg het, dan sê ons aan hulle ekstra baie dankie vir ‘n baie groot diens!
Met vriendelike groete en die lente kom loer al om die hoek met kleurvolle blommetjies op die pad as ons dorp se kant toe ry….
Marie van Heerden en Maureen Marud