Liewe Mede-Inwoner
Hierdie maand met Moedersdag het vir ons baie mooi herinneringe gebring en ook baie kontak met kinders ver en naby . Ons sê graag dankie aan Maxie wat met dié geleentheid vir ons op so ‘n besonder paslike wyse die portaal versier het. Ook daarna is ons by die ingang herinner aan Hemelvaart. Nou het ons ook geleentheid om vir 5 middae Pinksterbyeenkomste by te woon en op geestelike wyse versterk te word.
Ons het ‘n tyd van siekte gehad en van 9 tot 13 Mei het 18 inwoners isolasie in blyplekke beleef. Ons is dankbaar dat dit weer goed gaan met almal en ons sê spesiaal dankie aan die personeel wat al die etes na elkeen moes neem want dit was vir hulle ook spesiaal ekstra werk wat met liefde en begrip gedoen is. Ons het een ontruimingsoefening gehad hierdie maand en dit het volgens wetlike vereistes, korrek verloop.
Skenkings om ons te bederf het gekom in die vorm van granate en goudgeel persimmons. Ons kon weer vrugte en ander eetgoed koop by die gereelde verkoper en die bederf om Vrydae by Snoepie heerlike eetgoed te koop bly ‘n voorreg wat ons moet waardeer. Die kombuis het gesorg vir ‘n gesellige Moedersdagete met Marinda se versierde kolwyntjies as ‘n ekstra toegif daarby. Daar was ‘n kerrie-afval ete te koop een middag en dit was baie goed ondersteun uit die dorp ook en almal het gesê dit was besonder lekker! En toe ons Hamburgers kry was dit baie lekker om self volgens persoonlike smaak, dit saam te stel en ‘n melkskommel was ook iets anders! Op Afrikadag (25ste) het die kombuis bediening in Afrika-drag kleur gegee aan die dag en ons sê vir hulle dankie daarvoor. Op die terrein van skenkings het ons by die Versorgingseenheid ‘n tuinbank ontvang van Agriforum se Helpende Hand.
Hier is tans baie konstruksiewerk in ons gebou aan die gang en daarmee saam is dit nou so dat geen inwoner meer op ‘n ander plek as by die Voordeur mag uitgaan nie. Dit raak sommige inwoners meer as ander maar die dinge word nie maar sommer lukraak gedoen nie so laat ons dit aanvaar en sonder klagtes daarmee saamwoon! Maureen gee nou volledig verslag oor hierdie aspekte.
Structural improvements to Huis Stilbaai continued steadily this month, with alterations and renovations gradually transforming living spaces by way of new accommodation areas, new floors, windows, bathrooms, kitchens, cupboards and four one-push mechanism security doors.
“Much of the work being done is required by Hessequa disaster management for Huis Stilbaai to conform fully to evacuation regulations,” says manager Karlien, confirming that costs of the emergency procedures are also borne by Huis Stilbaai alone.
The evacuation regulations include alarm systems on the four new security doors that lead outside the building, with special lighting above the doors, she said.
“The alarms on the doors will sound when they are opened. This is to prevent people from wedging them open, an action that of course misses the point of the security provisions.”
So far 11 windows on sea-facing flats have been replaced, and vinyl floors have been fitted in the boardroom, in one bedroom in the care section (previously known as the sick bay or siekeboeg), the medicine room, the top passage’s kitchen and dining hall (bo-gang), and in the admin office downstairs, where new cupboards and a desk have been provided too. The boardroom windows have also been replaced. These areas, and what used to be the high care section but now accommodates residents, have also been repainted, as well as the little kitchen in the snoepie space. In the care section, the dining hall has been repainted and two handbasins in bedrooms have been replaced and fitted with new taps. Some wardrobes there have replaced.
The renovations are ongoing, with one bath in a bachelor so far replaced by a shower. All remaining baths will eventually be replaced by showers. A new kitchen and floor tiles have been fitted in a one-bedroom flat recently vacated.
Ons is dankbaar vir almal wat in hierdie maand verjaar het en ons gee ons mooiste wense aan hulle. Inwoners wat ouer geword het,
Ons het hierdie maand twee inwoners deur die dood verloor en hulle afskeidsdienste is reeds gehou.
Nou ja, die winter is duidelik hier en ons moet maar onsself mooi oppas en gesond bly!
Met vriendelike groete
Marie van Heerden en Maureen Marud