Op Saterdag 30 Maart het Huis Stilbaai weer oor jaarlikse basaar aangebied en ons betuig ons dank aan almal wat betrokke was en die dag ‘n heerlike sukses gemaak het.
BASAAR -30 Maart 2024 – 08:00
Dis die bekende reuk van “bacon” wat jou aandag trek.
Die vlaggies wapper,
en linte lint.
Die brode rys
die beskuite…. wel,
lyk lekker…..
Die gebreide diere haal saggies asem,
en die wol sokkies hou voete warm.
Die pannekoek beslag is aangemaak,
die gasvlamme wil brand.
Die poedings staan bewend en stol.
Die kleinkoekies wedywer vir mooi,
die koeke wag vir versiering,
en die terte vra tee.
Die hout is gereed en die kole wil sis,
die kerrie maalvleis wag langs die stoof,
en die vetkoekdeeg wag vir ‘n beurt.
Die lammers lam nie meer nie,
en is nou in pakkies gepak.
Die boeke word geblaai,
en die wit olifante word begeer.
Die teetafel lyk te pragtig en koffiebekers staan en stoom.
Die lekkergoedpakkies maak ons nuuskierig,
en die musiek laat die voete jeuk.
Die tafels is gereed,
ons is dankbaar.
Laat die fees begin.